Midas George Oumotorskou 2014

Midas George Oumotorskou 2014

Midas George Old Car Show 2014

Oumotorskou op George

Die jaarlikse Midas George Oumotorskou op George word vanjaar, 2014 op 8 en 9 Februarie aangebied deur die Suid-Kaap Oumotorklub. Oudergewoonte vind die skou by die PW Botha skool se sportterrein in Yorkstraat plaas.

Midas George Old Car Show 2014

Oumotorskou in die Suid Kaap

Vir motorentoesiaste is hierdie oumotorskou in die Suid Kaap ? geleentheid wat nie gemis moet word nie. Ongeveer 1 000 klassieke motors van regoor die land wat voor 1975 vervaardig is, veteraan-motorfietse en -trekkers, asook van die grootste versameling modelmotortjies in Suid-Afrika, word jaarliks hier ten toon gestel.   Daar is ook plaaslike nuwe-motorhandelaars, motorfietse en motorverwante uitstallers. Vir die fynere geslag wat dalk nie heeldag in motors wil vaskyk nie, is daar pragtige handgemaakte items wat by die vlooimark, vanjaar gereël deur die Pink Tree Market van George, te koop gebied word. Die skou spog ook jaarliks met ‘n Castle-biertent, kosstalletjies te kies en keur, motorverwante uitstallers en ‘n kunsmark. Weens die beperkte uitstalspasie vir motorverwante produkte, word uitstallers daaraan herinner om vroegtydig hul plek te bespreek.

Midas George Old Car Show 014

Klassieke Oumotorveiling in George

Op Saterdag 8 Februarie om 13:00 bied die House of Classic and Sports Cars van Knysna die klassieke oumotorveiling op die hoofarena aan. Belangstellendes en potensiële kopers kan die motors op die skouterrein in George  reeds vanaf 8:00 besigtig en ook vir die veilig registreer. Ongeveer 20 motors gaan onder die hamer kom, waaronder ‘n MG TD van 1951, ‘n Porsche 356B van 1963, ‘n MG TC van 1948, ‘n Rugby Durant van 1928, ‘n MGA 1500 van 1958 en ‘n International Truck van 1933. Fondse wat met die veiling ingesamel word, word na afloop van die skou aan plaaslike welsynsorganisasies geskenk.

Midas George Old Car Show 2014

Registrasies vir die George Oumotorskou

Skougangers kan ook na ? spesiale uitstalling van mikro-motors, motors wat met enjins kleiner as 850cc toegerus is, uitsien. Alle motoruitstallers word daaraan herinner om om hul motors vroegtydig vir die skou in te skryf virdieGerge Oumotorskou. Eienaars van motors jonger as 1975 moet ook vooraf registreer om spesiale goedkeuring te kry om by die skou uit te stal. Die webwerf, www.scocc.co.za, is reeds oop vir registrasies, dus maak nou al werk daarvan en voorkom so moontlike teleurstelling by die hekke.

Feesgeleenheid Wat Hope  Familiepret Bied in George
Om ‘n skou van hierdie kaliber jaarliks aan te bied verg baie beplanning en die skoukomitee se doelwit is eenvoudig: om die Midas George Oumotorskou ‘n feesgeleenheid te maak wat hope  familiepret bied, sowel as om al die oumotorliefhebbers die kans te gee om weer hul spogmotors en liefde vir hierdie ou karre met mekaar te kan deel.
Vir verdere inligting oor die Midas George Oumotorskou besoek www.scocc.co.za of skakel Chris van Staden by 082 491 5254.