Mej Diaz Gekroon

Mej. Diaz op Mosselbaai Gekroon

mej.-diaz-gekroon

Op Mosselbaai sal jy jaarliks gedurende die kersseiesoen van die land se
mooiste meisies aantref. Een van die prestige skoonheidskompetisies in die
area waaraan hierdie mooies kan deelneem is die Mej Diaz op Mosselbaai.
Hierdié kompetisie het al vir verskeie meisies as afskopplek vir hul
skoonheid- en/of modelloopbane gedien. Die wenner kry outomaties die
geleentheid om aan die Mej SA kompetisie deel te neem. Mej Diaz 2009,
Danicka Rhiel, wat vanjaar die kroning gedoen het, was ‘n finalis in die Mej
SA 2010 kompetisie.

Mev SA 2009 Me Joanie Johnson reël choreografie vir Mej Diaz Extravaranza

Die ekstrvazanza wat deur Mev SA 2009, me Joanie Johnson gereël en
gechoreografeer is, is deur ‘n voormalige Mnr SA en Pasella-aanbieder,
Dieter Voigt, aangebied. Die panel beoordelaars het self soos ‘n glanslys
gelees. Onder hulle was ‘n voormalige Mej Tiener SA, Bertha le Roux, ‘n Mev
SA, Annette Kasselman (2006/7), televisie-aanbieder Nadia Beukes en haar
medesanger in die groep NX, Xander Steyn, mode-ontwerpers Dennis Lloyd en
Deon Oelofse (wie se skeppings die finaliste in die finaal gedra het),
Cheetah speler Tertius Carster, model Carien Truter (Mej Diaz 2008) en
Danicka Rhiel.

Roelien (Lollo) Strauss (18) van Volksrus is Donderdag tydens ‘n
ekstravaganza as Mej Diaz 2010 gekroon. Hierdie langbeen skoonheid gaan
vanjaar medies by Bloemfontein studeer. Haar eerste prinses (links) is Monja
Goosen (19) ‘n Tukkie student van Pretoria wat regte swot en ‘n kranige
atleet is. Regs is ‘n Kaapse skoonheid, Eden Wessels (19) wat by Afta in die
Moederstad drama swot.ekroon

Mej Diaz Gekroon is a post from: Denise Lloyd