Jaarlikse George Oumotorskou te PW Botha Kollege

Jaarlikse George Oumotorskou te PW Botha Kollege

old car show george
Op 12 en 13 Februarie 2011 is die weer tyd vir die jaarlikse George Oumotorskou en 2011 vier ons sy 15de bestaansjaar! Dis ook die eerste jaar wat die fees na een van sy hoofborge vernoem word, en staan bekend as die Midas Oumotorskou. Die skou word oudergewoonte by die PW Botha Kollege  gehou.

George Oumotorskou groei uitstekkend

oldcar-2
Die Oumotorskou het word aangebied deur die Suid-Kaap Oumotorklub. Die eerste George Oumotorskou was in 1997 gehou op ‘n plaas naby Victoriabaai. Hier was ongeveer 80 voertuie wat besigtig kon word, sedertdien het die fees gegroei na ‘n uitstekkende getal van 800 voertuie op die 2010 George Oumotorskou!

Vinne en Frille op George Oumotorskou

oldcar-3
Die George Oumotorskou 2011 beloof om ‘n gebeurtenis te wees wat nie misgeloop kan word nie. Die tema van die skou is hierdie  jaar “Vinne en Frille”. Vir die eerste keer word daar ‘n kompetisie aangebied vir deelnemers wat met uitrustings van Vinne en Frille (50’s en 60’s) era opdaag.Toegang tot hierdie kompetisie is gratis vir alle besoekers aan die skou. Trek volgens die tema aan en staan outomaties ‘n kans om pryse te wen in een van die volgende kategorieë: Besgekleede Uitstaller (2 pryse), Besgekleede besoeker aan die skou (2 pryse) en Besgekleede paartjie.

2011 George Oumotorskou se aktiwiteite

oldcar-4
Die skou bied ook vele aktiwiteite aan buiten net die uitstalling van ou motors. Daar sal ‘n verskeidenheid stalletjies , onder andere kos stalletjies en ‘n “arts in the park” wees asook ‘n model karretjie skou, ‘n bier tent, asook vermaak vir kinders. Spesiale aandag sal aan die kinders geskenk word sodat ouers rustig die skou kan geniet!

Mercedes en Chevrolet vier hul verjaarsdae

oldcar-5
Die Midas George Oumotorskou sal hierdie jaar ook spesiale melding maak van Mercedes en Chevrolet wat hierdie jaar hul 100ste en 125ste bestaansjare vier.

Motorveiling by die George Oumotorskou

‘n Nuwe toevoeging tot die George Oumotorskou is die opveiling van tussen 10 en 15 klassieke voertuie op Saterdag 12 Februarie2011! Die veiling word deur Protea Hotels aangebied.

Toegangsfooie vir die George Oumotorskou

Saterdag 12 Februarie 2011 beloop R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere. Sondag 13 Februarie 2011 is dit R15 vir volwassenes en R5 vir skoliere.
Vir verdere navrae kan Marlene Quinot gekontak word by +27 (0) 84 415 7987