Plaaslike Nooi is Mej. Hartenbos

Plaaslike Nooi is Mej. Hartenbos

mej-hartenbos-2010

‘n Pragtige donkerkop van Mosselbaai Donique Leonard (18), wat vanjaar ‘n matriek-leerder aan die Hoërskool Punt op die dorp is, is Mej Hartenbos 2010.

Mej Hartenbos 2010 Ook Bekroon As Mej SA Toerisme

Donique het Suid-Afrika verlede jaar in ‘n internasionale kompetisie in Griekeland verteenwoordig. Sy is as Mej SA Toerisme aangewys en het gedurende die Junie/Julie vakansie deelgeneem. Sy is as Miss Young Planet gekroon en was ook die eerste prinses in die Miss Planet Bikini.

Mej Hartenbos Se Eerste Prinses, Laetitia Rossouw, Ook Mej Persoonlikheid

Mej Hartenbos se eerste prinses, die sprankelende Leatitia Rossouw (17) van George het sommer skoonskip gemaak met die ander titels in die kompetisie. Nie net het sy die Mej Persoonlikheid, wat deur die finaliste self gekies is, gewen nie, sy is ook as Mej Fotogenies bekroon. Leatitia is volgende jaar in matriek aan die Hoërskool Outeniqua op George.

Die tweede prinses, Alicia Gerber (17) van Port Elizabeth is ook volgende jaar in matriek. Sy is ‘n leerder aan die Hoërskool DF Malherbe in Port Elizabeth.

Mej Hartenbos 2010 Donique Leonard (18, middel). Haar eerste prinses is Leatitia Rossouw (17, regs) van George wat ook aangewys is as Mej Fotogenies sowel as Mej Persoonlikheid en die tweede prinses, Alicia Gerber (17, links) van Port Elizabeth.

PLAASLIKE NOOI IS MEJ HARTENBOS 2010 is a post from: Denise Lloyd