Christelle

Jakkalsvlei Privaat Wynkelder – Die Ongerepte Juweel

Jakkalsvlei Privaat Wynkelder Herbertsdale se Ongerepte Juweel Jantjie Jonker, Eienaar en Wynmaker te Jakkalsvlei het ‘n Passie vir wat hy doen Jakkalsvlei Privaat Kelder – ‘n nuwe naam onder wynliefhebbers word bedryf deur die wynmaker Jantjie Jonker. Hierdie is ‘n wynmaker wat soos hy sê, ‘n passie het vir wat hy doen.  Jantjie is betrokke by elke stap van die produksieproses vanaf die wingerd plant, druiwe pluk, wynmaak, die etiket ontwerp, die wyn bottel en ook die bemarking en wynproe op die plaas. Jakkalsvlei is ‘n naam wat jy maar gerus kan memoriseer want jy kan beslis nog groot dinge van Jakkalsvlei en Jantjie verwag! Jakkalsvlei Privaat Kelder – die Plek om Druiwe te gaan pluk en Piekniek te hou My eerste besoek aan Jakkalsvlei Privaat Kelder was op 11 Februarie 2011, waartydens die Lalakoi span en vriende druiwe gaan pluk en piekniek gaan hou het in die natuurskoon van hierdie plaas by Herbetsdale naby Mosselbaai. Soos ons deur die hekke van Jakkalsvlei gery het en af gekyk het oor die welige groen wingerde in ‘n vallei, kon ons nie anders as om in verwondering te staar na hierdie versteekte juweel nie. Elke nou-en-dan het die klanke van ‘n “wow” […]